Welkom by die Barnard-familie se webwerf!
Ons storie begin in 1708 toe Johannes Barnard as Duitse soldaat aan die Kaap geland het. Vandag, geslagte later, is ons familie regoor Suid-Afrika versprei. Die doel van hierdie webwerf, tesame met ons stamboom en Facebook-bladsy, is om ‘n platform te skep waarmee ons inligting en foto’s met mede-Barnards kan deel.
Blaai af vir meer!
Spoor jou voorouers na
As jy jou Barnard-familie soek is jy op die regte plek! Ons stamboom word deurentyd uitgebrei, so daar is ‘n goeie kans dat jy jou voorouers sal vind.
Dra by tot ons stamboom
Redigeer soos jy wil
Jy kan vrylik persone byvoeg en details verander. Jou veranderinge sal dan deur ‘n administrateur goedgekeur word.
Deel Herinneringe
Jy kan feite, foto’s, stories en meer oplaai om meer detail tot ‘n persoon by te voeg.
Hoe dra ek by?
Kan jy jouself en familie tot ons stamboom byvoeg? As jy die skakel tussen jou en een van die persone in ons bestaande stamboom het, kan jy registreer as bydraer.
Enige vrae?
Vir enige vrae of voorstelle kan jy ons gerus kontak via Messenger (kliek die ikoon regs onder) of ‘n e-pos aan admin@barnards.org.za stuur.
Sien ook ons Algemene Vrae afdeling voor jy ons kontak.
© 2020 Jano Barnard